top of page

Trump sê geen amptenare van die Verenigde State sal vanjaar se G20-beraad bywoon nie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 9
  • 1 min read

President Donald Trump sê geen amptenare van die Verenigde State sal vanjaar se G20-beraad in Suid-Afrika bywoon nie.


Hy het na die land se behandeling van wit boere verwys. Trump het gesê dat dit ‘n totale skande is dat die G20 in Suid-Afrika gehou word.


Hy sê Afrikaners word doodgemaak en geslag, en hul grond en plase word onwettig gekonfiskeer.


Trump sê geen Amerikaanse regeringsamptenaar sal bywoon solank hierdie menseregteskendings voortduur nie.


Donald Trump. FOTO: CBS News
Donald Trump. FOTO: CBS News

 
 
 

Comments


bottom of page