Suid-Afrika staar ‘n fiskale krisis in die gesig
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 10, 2025
- 1 min read
Suid-Afrika staar ‘n fiskale krisis in die gesig aangesien skulddienskoste steeds toeneem. Dit is volgens die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling. Toenemende skuld en hoër rentekoerse het gelei tot groeiende skulddienskoste, wat na verwagting vanjaar 5,2% van die Bruto Binnelandse Produk (BBP) sal bereik. Dit kom neer op R426.3 miljard oor die boekjaar wat beteken dat die regering meer as R1 miljard per dag sal moet spandeer om sy skuld te betaal. Die organisasie waarsku dat die land finansiële onstabiliteit in die gesig staar sonder noemenswaardige besnoeiings in uitgawes of vinniger ekonomiese groei.






Comments