top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Suid-Afrika verwelkom die skietstakingooreenkoms in die Midde-ooste

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 16, 2025
1 min read

Die Suid-Afrikaanse regering het die skietstakingooreenkoms tussen Israel en Hamas verwelkom, wat ná 15 maande beklink is tydens bemiddeling deur Katar, Egipte en Amerika. SABC-nuus berig Suid-Afrika se departement van Buitelandse Sake vra vir ‘n regverdige en blywende implementering van vrede wat die regte van die Palestyne én Israeli’s sal beskerm en bevorder. Suid-Afrika sê humanitêre hulpverlening aan meer as tweemiljoen mense in Gaza moet ook onmiddellik en onvoorwaardelik hervat word. Die skietstakingooreenkoms sal Sondag in werking tree. Die Israelse kabinet sal glo vandag oor die ooreenkoms stem.

 
 
 

Comments


bottom of page