top of page

Suid-Afrikaanse eiers is veilig om te eet

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 13
  • 1 min read

Daar is geen gevalle van salmonella of voëlgriep in Suid-Afrika aangemeld nie, en dit is dus veilig om eiers en pluimveevleis hier op tuisbodem te eet. So sê die Suid-Afrikaanse Pluimveeverniging (SAPV) in antwoord op gerugte wat op sosiale media versprei word. Maroela Media berig hierdie bewerings volg na salmonella-gevalle in Kalifornië in die VSA aangemeld is en waar sommige mense glo gehospitaliseer is. CBS News het vroeër berig tientalle mense het siek geword weens ʼn salmonella-uitbreking wat verbind is met ʼn besending eiers in die VSA. Die sowat 1,7 miljoen eiers is reeds herroep weens die moontlikheid dat dit verbruikers kan siek maak.

 
 
 

Comments


bottom of page