Suid-Afrikaners verruil lugtyd vir data

Aug 25
1 min read
Suid-Afrikaners maak toenemend minder gebruik van tradisionele lugtyd namate mobiele data en internetgebaseerde kommunikasie gewilder word.
MTN Suid-Afrika sê inkomste uit oproepe het in die eerste ses maande van vanjaar met 10.2% teenoor dieselfde tydperk verlede jaar gedaal.
Dit terwyl kliënte na datapakkette, WhatsApp, internetoproepe en ander digitale boodskapdienste oorskakel.
Netwerkdataverkeer het intussen met 27.7% toegeneem. Die gemiddelde maandelikse datagebruik van voorafbetaalde kliënte het met 23.6% tot 4.9 gigagrepe gestyg.
Kliënte met kontrakte het gemiddeld 32.3 gigagrepe data per maand gebruik.









Comments