Swede kan op 16 hul geslag verander
- Armando Pieters

- Jul 16
- 1 min read
Swede het beperkings vir die wettige verandering van geslag - en hoe dit op amptelike dokumente verskyn - verwyder.
EWN berig die wetsverandering sal mense in die land nou toelaat om hul geslag wettiglik te verander as hulle wil.
Hierdie mense sal nou slegs ’n mediese sertifikaat benodig wat verklaar dat hul geslagsidentiteit nie ooreenstem met die een wat op hul geboortesertifikaat aangedui word nie.
Swede het ook die minimum ouderdom om geslag te verander na 16 verlaag.





Comments