top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Talle is in hegtenis ná onluste in Mangaung

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 26
  • 1 min read

Tot op hede is altesaam 142 verdagtes in hegtenis geneem ná voorvalle van openbare geweld, plundering en kwaadwillige beskadiging van eiendom in dele van Mangaung.


Dit kom ná kriminele aktiwiteite Maandag aangehits is deur stemopnames en digitale plakkate wat op sosialemediaplatforms versprei is, waarin daar opgeroep is tot ’n “totale afskakeling”.


Volgens 'n polisieverklaring is verskeie sake geopen, insluitend openbare geweld, besigheidsinbraak, besigheidsroof, besit van vermoedelik gesteelde goedere en kwaadwillige beskadiging van eiendom. Die polisie is besig met die verwerking van die gearresteerde persone, en die verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn. Nog arrestasies word mettertyd verwag.


Rosestad-nuus het vroeër berig die munisipaliteit sê hoewel gemeenskappe regmatige kommer mag hê, regverdig dit nie geweld of die ontwrigting van skole en openbare dienste nie.


'n Skermgreep uit 'n video wat versprei word. SKERMGREEP: Veskaf
'n Skermgreep uit 'n video wat versprei word. SKERMGREEP: Veskaf

 
 
 

Comments


bottom of page