Talle ontsnapte gevangenes is steeds op vrye voet
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 19
- 1 min read
Parlementslede het kommer uitgespreek nadat hulle verneem het dat 202 gevangenes wat verlede jaar uit polisie-aanhouding ontsnap het, steeds vermis word.
De adjunkminister van Polisie, Cassel Mathale, het die syfers onthul terwyl hy die parlement se Gekose Komitee oor Veiligheid en Justisie ingelig het.
Volgens Mathale het 284 aangehoudenes ontsnap, maar slegs 82 is weer in hegtenis geneem.
Baie van die ontsnappings het vanuit polisiestasies en hoffasiliteite plaasgevind.
Die komitee se voorsitter sê dit wys hoe infrastruktuuruitdagings tot die probleem bydra.







Comments