top of page

Thabo Bester se oudselmaat het vrae oor die redes vir maksimum sekuriteit

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 31, 2025
  • 1 min read

’n Oudselmaat van die veroordeelde moordenaar Thabo Bester het vrae na onder meer die geldige redes vir Bester se aanhouding in maksimum veiligheid, “anders as by sy vorige ontsnapping” uit die Mangaung-maksimumveiligheidsgevangenis buite Bloemfontein.


Netwerk24 berig Kgabu Samuel Mosala van Virginia in die Vrystaat het ’n dringende hofaansoek gereed om Bester persoonlik te kan besoek. Hy wil egter die kwessie eers telefonies bemiddel voordat hy die aansoek indien.


Mosala, wat sê hy is ’n skrywer, sê hy wil nie die meriete van enige skuldigbevinding of vonnis betwis nie, maar Bester bloot besoek. Hy sê duur en tydrowende hofverrigtinge is nie nodig as ’n “redelike akkommodasie deur middel van dialoog” bereik kan word nie. Hy voeg by 'n kort telefoniese gesprek sal 'n goeie begin wees.


Thabo Bester. FOTO: Maroela Media
Thabo Bester. FOTO: Maroela Media

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page