Theunissen se sportgeriewe is in puin
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 21
- 1 min read
Sportgeriewe wat skaars 15 jaar gelede in Theunissen in die Vrystaat gebou is, is nou so verwaarloos dat dit nie meer vir sy doel gebruik kan word nie.
Netwerk24 berig die rugby-, en sokkervelde en die netbalbane is met gras toegegroei, wat dit onbruikbaar maak. Die munisipale muurbalbaan en landbou-saal word ook as “stoorplek” vir ou munisipale dokumente gebruik.
'n Inwoner van Theunissen sê die gebou is nie beveilig nie, die dak lek, dele van die dak is gesteel, vensters en deure is gebreek, en reënwater lek op die gestoorde rekords.
Theunissen val onder die Masilonyana-munisipaliteit, en die woordvoerder het nie op navrae gereageer nie.






Comments