top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Tolashe is haar ANC Vroueliga-pos ook kwyt

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jun 1
  • 1 min read

Sisisi Tolashe, wat as minister van maatskaplike ontwikkeling afgedank is, is tydelik van haar amp as president van die ANC-vroueliga onthef.


Netwerk24 berig die vroueliga het dié besluit Maandagmiddag aangekondig nadat sy nasionale uitvoerende komitee (NUK) Saterdag ’n spesiale vergadering oor Tolashe se lot gehou het.


Die sekretaris-generaal van die vroueliga, Nokuthula Nqaba, sê in 'n verklaring die NUK van die ANC-vroueliga het eenparig besluit dat die president verlof moet neem sodat sy op die tugprosesse van die ANC kan fokus. Dié besluit kom nadat die ANC se integriteitskommissie Tolashe na die party se tugkomitee verwys het.


Rosestad-nuus het vroeër berig daar was onlangs ernstige bewerings teen Tolashe, insluitend dat voertuie wat aan die ANC-vroueliga geskenk is, na bewering in die minister se kinders se name geregistreer is.


Sisisi Tolashe. FOTO: Facebook
Sisisi Tolashe. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page