top of page

Toltariewe styg

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 23
  • 1 min read

Toltariewe word landwyd vanaf 1 Maart verhoog.


Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap, Sanral, sê die aanpassing van 3,12% is in ooreenstemming met die jaarlikse verstelling volgens die Verbruikersprysindeks soos deur Statistiek Suid-Afrika bepaal.


Die nuwe verhoging is laer as verlede jaar se 4,85%.


Sanral se hoofbestuurder vir kommunikasie en bemarking, Vusi Mona, sê in ‘n mediaverklaring tolinkomste is noodsaaklik om tolroetes te onderhou, bedryf en te verbeter, asook om skuld wat vir padprojekte aangegaan is, te diens.


Hy voeg by dat ’n goed funksionerende nasionale padnetwerk ’n voorvereiste is vir ekonomiese groei en die lewering van basiese dienste.


Sanral sê hoewel die agentskap bewus is van die druk op verbruikers, is die aanpassing nodig om veilige en gehalte paaie te verseker.


Ter illustrasie. FOTO: DA
Ter illustrasie. FOTO: DA

Comments


bottom of page