top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Toyota gaan groot in die Vrystaat

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 14
  • 1 min read

Toyota het moontlik by vanjaar se Nampo-oesdag geskiedenis gemaak.


Landbouweekblad berig dat, hoewel Guinness dit nog amptelik moet bevestig, dit lyk of die rekord vir die grootste Hilux-byeenkoms verbreek is.


Altesaam 1 545 Hilux-bakkies is op een plek byeengebring in ’n poging om die Guinness-wêreldrekord te verbeter. Die vorige rekord is in 2025 in Nieu-Seeland opgestel met 1 440 bakkies.


Hoewel amptelike verifikasie nog hangende is, lyk dit reeds of die poging die grootste Hilux-byeenkoms nóg kan wees.


Toyota het ook vier ander rekordpogings aangepak, insluitend die meeste voertuie wat gelyk hul ligte aanskakel, toeters blaas, deure toeklap en agterklappe sluit.


Volgens deelnemers was die atmosfeer op Nampo die moeite werd, ten spyte van druk verkeer.


FOTO: Deon van Dyk
FOTO: Deon van Dyk

 
 
 

Comments


bottom of page