top of page

Troeteldiersterftes op Bloem se paaie neem toe

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1h
  • 1 min read

Bloemfonteiners word versoek om seker te maak dat hul troeteldiere veilig by die huis is. Dit volg nadat troeteldiersterftes op die stad se paaie toeneem.


Volgens inligting wat op die Bloemfontein DBV se sosiale mediaplatforms gedeel is, reageer inspekteurs toenemend op oproepe oor honde wat deur voertuie raakgery is.


In baie gevalle word die diere reeds dood aangetref, terwyl ander ernstig beseer langs die pad gevind word.


Die organisasie sê baie van hierdie voorvalle kan voorkom word as troeteldiereienaars seker maak dat hul erwe behoorlik omhein is en dat diere nie vrylik in die strate rondloop nie.


Mense word aangemoedig om verantwoordelike troeteldiereienaarskap toe te pas om onnodige lyding te voorkom.


FOTO: Bloemfontein DBV / Facebook
FOTO: Bloemfontein DBV / Facebook

Comments


bottom of page