Tronke betaal glo meer as 20 keer die markwaarde vir basiese voedselprodukte
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 17
- 1 min read
Die Departement van Korrektiewe Dienste het kontrakte met verskeie kosverskaffers heronderhandel nadat dit aan die lig gekom het dat tronke buitensporige pryse vir sekere produkte betaal het.
Volgens Rapport is daar onder meer sowat R726.57 vir ’n liter kookolie betaal terwyl daar R3735.32 betaal is vir grootmaat souspoeier.
Die departement sê die prysskok het aan die lig gekom tydens ’n hersiening van tender- en aankoopprosesse. Sommige kontrakte is intussen gekanselleer en nuwe verskaffers is aangestel.
Daar word beweer dat sekere produkte teen meer as 20 keer die markwaarde aangekoop is.
Minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, sê die situasie is onaanvaarbaar en dat stappe gedoen word om vermorsing en moontlike korrupsie hok te slaan.
Die departement ondersoek nou hoe die buitensporige pryse goedgekeur is en of dissiplinêre optrede nodig sal wees.
Die nuwe pryse het reeds voor die begin van die nuwe boekjaar in werking getree.








Comments