Trump ontvang Israel se hoogste eerbewys
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 31, 2025
- 1 min read
Israel het sy hoogste burgerlike eerbewys aan president Donald Trump van Amerika toegeken. Dit kom nadat Trump en Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, in Florida vergader het.
Maroela Media berig ná die vergadering het Trump aan 'n mediakonferensie gesê hy is nie bekommerd oor enigiets wat Israel doen nie. Netanyahu het beaam die ontmoeting was baie produktief, en het vir die eerste keer sy land se hoogste burgerlike eerbewys aan 'n nie-Israelse burger toegeken.
Netanyahu sê sy land waardeer wat Trump doen om Israel te help in hul gemeenskaplike stryd teen die terroriste en diegene wat hul beskawing wil vernietig.
Trump het daarop gesinspeel dat hy moontlik na Israel sal reis vir die seremonie, wat tradisioneel op die vooraand van Israel se Onafhanklikheidsdag gehou word.







Comments