Trump se regterhand is gekneus weens 'te veel hand skud'
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 18, 2025
- 1 min read
Die Wit Huis het bevestig Amerika se president Donald Trump ervaar swelling in sy onderbene en het kneusplekke aan sy regterhand nadat foto’s verskyn het van hom met geswelde enkels en grimering aan die geaffekteerde deel van sy hand.
SABC News berig ‘n woordvoerder het ‘n brief van Trump se dokter voorgelees wat bevestig beide kondisies is nie-kwaadaardig.
Die swelling in sy been is weens ‘n chroniese aar-kondisie wat redelik algemeen onder ouer persone voorkom, en die kneusplekke aan sy hand is na bewering van te veel hand skud.
Die dokter bevestig dit is bloot sagteweefselskade weens gereelde handskud.
Trump is andersins in goeie gesondheid.






Comments