Trump wil Hormuz as Amerikaanse grondgebied verklaar
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 minute ago
- 1 min read
President Donald Trump sê hy sal die Straat van Hormuz as Amerikaanse grondgebied verklaar nadat Iran verslaan is.
Eyewitness News berig Trump het dié opmerkings tydens ’n politieke saamtrek in New York gemaak. Hy beweer die Verenigde State beheer die belangrike waterweg deur ’n vlootblokkade en sê geen skepe kan deurgaan sonder Amerikaanse toestemming nie.
’n Onbenoemde Withuis-amptenaar het later gesê Trump het ’n grap gemaak.
Iran het egter sterk op die opmerkings gereageer.
Die land se adjunkminister van Buitelandse Sake sê die Straat van Hormuz was, is en sal Iran s’n bly. Hy sê die seestraat sal slegs onder Iran se bevel gesluit of oopgemaak word.








Comments