top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Tupac Shakur se verhoor begin drie dekades ná sy dood

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 59 minutes ago
  • 1 min read

Meer as 30 jaar nadat een van Amerika se invloedrykste kletsrymers, Tupac Shakur, in Las Vegas doodgeskiet is, gaan openingsbetoë in die verhoor na verwagting Maandag begin.


EWN berig die verrigtinge sal waarskynlik nie duidelikheid bring oor wie die doodskote in 1996 afgevuur het nie. Aanklaers beoog egter om te bewys dat Duane Davis die moord beveel en die vuurwapen wat in die deurry-skietery gebruik is, verskaf het. Hy staar lewenslange gevangenisstraf sonder die moontlikheid van parool in die gesig indien hy skuldig bevind word.


Die moord op Shakur is een van Amerika se bekendste onopgeloste moordsake.


Tupac Shakur. FOTO: Amazon
Tupac Shakur. FOTO: Amazon

 
 
 

Comments


bottom of page