Twaalf is vas rakende die moord van ‘n Vrystaatse veewagter

Sep 6
1 min read
Altesaam 12 mense is in hegtenis geneem vir die moord op 'n veewagter ná 'n voorval van veediefstal naby Fouriesburg in die Vrystaat. Die polisie sê die veewagter is na bewering deur woedende lede van die gemeenskap toegetakel, nadat hy van veediefstal beskuldig is.
Die woordvoerder sê die oorledene het verskeie kneusplekke aan sy bolyf en beserings aan sy oë opgedoen.
SABC-nuus berig die polisie in Fouriesburg het 10 buitelanders en twee Suid-Afrikaners in hegtenis geneem in verband met die veewagter se dood. Die verdagtes sal na verwagting more in die hof verskyn.








Comments