top of page

Twee beskuldigdes is in afsonderlike sake vir verkragting gevonnis

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 28
  • 1 min read

Die Phuthaditjhaba-streekhof in die Vrystaat het twee beskuldigdes in twee afsonderlike verkragtingsake gevonnis, wat terugdateer na 2023 en verlede jaar.

In die eerste saak het ‘n agtjarige meisie by haar ma en stiefpa, Daniel Semase, in Qwaqwa gewoon. Dit het later deur besorgde gemeenskapslede aan die lig gekom dat Semase die kind tydens die ma se afwesigheid herhaaldelik seksueel misbruik.

Semase is skuldig bevind en tot 16 jaar direkte gevangenisstraf vir verkragting gevonnis.

Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, sê in die tweede saak het Toka Mphuthi by ‘n 18-jarige vrou van Mabolela Village in Qwaqwa se huis ingebreek en haar verkrag.

LUISTER: 

 
 
 

Comments


bottom of page