top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Twee Bfn gesondheidsorgsentrums vat hande teen geestesgesondheid en verslawing

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 8
  • 1 min read

Die Aurora Addiction Recovery Centre en die Bloemcare Psigiatriese Hospitaal in Bloemfontein het 'n strategiese samewerking geloods om die behandeling van individue wat beide geestesgesondheids- en middelmisbruikuitdagings ervaar te versterk.


Volgens 'n verklaring erken die ooreenkoms die groeiende behoefte om geestesgesondheids- en middelgebruiksteurnisse nie as afsonderlike toestande te behandel nie, maar as toestande wat ’n gekoördineerde kliniese en terapeutiese benadering vereis. Deur hierdie samewerking sal die multidissiplinêre spanne by beide instellings nou saam werk om omvattende, pasiëntgesentreerde sorg te lewer.


Die Aurora Addiction Recovery Centre is die enigste binne-pasiënt-rehabilitasie-fasiliteit in die streek wat by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling geregistreer is om nie-akute mediese ontgifting vir middelgebruikers te verskaf. Hierdie gespesialiseerde diens sal die multidissiplinêre span by die Bloemcare Psigiatriese Hospitaal, wat by die Departement van Gesondheid geregistreer is, beduidend ondersteun en meer doeltreffende stabilisering en voortgesette behandeling van pasiënte met psigiatriese behoeftes moontlik maak.


Voor, van links na regs: Jannie Smith en William du Plessis. Agter: Marietjie Landsberg. FOTO: Verskaf
Voor, van links na regs: Jannie Smith en William du Plessis. Agter: Marietjie Landsberg. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page