Twee dekades van musiek-navorsing word by die Odeion gevier
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Navorsing in Musiek hou van Donderdag tot Saterdag sy 20ste jaarlikse konferensie by die Odeion-musiekskool van die Universiteit van die Vrystaat (UV) in Bloemfontein.
Volgens inligting wat deur die UV gedeel is, bring die konferensie akademici, opvoeders, kunstenaars en navorsers van Suid-Afrika en die buiteland bymekaar.
Afgevaardigdes van 26 universiteite en instellings wêreldwyd sal deelneem, onder meer van Oxford, Cambridge, Basel en Amsterdam.
Die program sluit hooflesings, navorsingsaanbiedings, optredes en ’n boekbekendstelling in. Professor Dizu Plaatjies en professor Andy Bennett sal die plaaslike en internasionale hooflesings lewer.
Die konferensie vier twee dekades van musieknavorsing en keer terug na die UV, wat ook die vereniging se tiendeherdenking in 2016 aangebied het.








Comments