top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Twee is vas vir die besit van bergskilpaaie in Bfn

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 22
1 min read

Twee mense is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van 'n bedreigde spesies en die ongemagtigde verskuiwing van drie groot bergskilpaaie.


Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê in 'n verklaring die verdagtes is in Hoffman-plein in Bloemfontein aangekeer en hul motor deursoek. Die drie bergskilpaaie is in 'n boks in die kattebak gevind.


Die twee verdagtes is op waarskuwing vrygelaat, en sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

Comments


bottom of page