Twee is vas vir die besit van bergskilpaaie in Bfn
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 22
- 1 min read
Twee mense is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van 'n bedreigde spesies en die ongemagtigde verskuiwing van drie groot bergskilpaaie.
Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê in 'n verklaring die verdagtes is in Hoffman-plein in Bloemfontein aangekeer en hul motor deursoek. Die drie bergskilpaaie is in 'n boks in die kattebak gevind.
Die twee verdagtes is op waarskuwing vrygelaat, en sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.








Comments