top of page

Twee mans is vas vir onwettige sigarette

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 1
  • 1 min read

Die polisie het twee mans in hegtenis geneem en onwettige sigarette ter waarde van meer as R1 miljoen in Bloemfontein gekonfiskeer.

'n Wenk is ontvang van 'n paneelwa wat vemoedelik onwettige sigarette van Petrusburg na Bloemfontein vervoer. Lede van die teenbende-eenheid het die voertuig takties in Kwaggafonteinstraat onderskep.

Daar was 36 bokse onwettige sigarette agterin versteek.

Een van die verdagtes het die polisie met R15 000 probeer omkoop om sy vrylating te verseker.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page