top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Twee mans verskyn in Vrystaatse howe oor kinders se dood

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Aug 11
  • 1 min read

Twee mans sal na verwagting Dinsdag in Vrystaatse howe verskyn ná die dood van twee jong kinders.


Volgens polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle, is 'n man in hegtenis geneem nadat die liggaam van 'n sewejarige meisie die naweek onder 'n bed in 'n huis in Bultfontein aangetref is.


Haar 14-jarige suster het die liggaam ontdek, waarna die polisie na die toneel ontbied is. Die man staan tereg op aanklagte van moord en verkragting.


Intussen sê polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, dat 'n 24-jarige stiefpa in die Hertzogville-landdroshof sal verskyn op 'n aanklag van moord.


Dit nadat die liggaam van 'n vierjarige seuntjie Maandag in 'n begraafplaas in Malebogo gevind is.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page