top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Twee meisies tree aan om teen Grey rugby te speel

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Vir die eerste keer in 'n Bloemfonteinse seunskool se bykans 170 jaar het twee meisies as deel van 'n internasionale rugbyspan teen sy span kragte gemeet.


Die meisies is die tweeling Sabine en Annick Desmarais van die Western Cowboys van Mauritius, en die plaaslike span is Grey Kollege se o. 13C-span.


Netwerk24 berig die Grey-seuns het die gemengde eilandspan Woensdag met 44-0 geklop. Dit was ’n klipharde wedstryd in die Vrystaatse koue met harde duikslae, ’n geel kaart wat aan albei spanne toegeken is en verskeie beserings.


Minstens vier seuns van die Cowboys-span het noodhulp nodig gehad, maar die twee sussies het vasgebyt en selfs ’n paar harde duikslae ingekry.


Die Western Cowboys se afrigter, Didier Desmarais, sê hopelik kan Grey Kollege in Mauritius gaan toer.


Die hoof van rugby en ’n senior afrigter by Grey Kollege Primêr, Bees Grobler, het die span van Mauritius gelukgewens met sy vurige spel.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page