Twee van die VS is in afsonderlike voorvalle glo dood gesteek
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 11
- 1 min read
Twee slagoffers is in afsonderlike voorvalle in die Vrystaat dood nadat albei met steekwonde gevind is.
Volgens polisiewoordvoerder sersant Sinah Mpakane is 'n man in die eerste voorval in die straat in Rouxville gevind met 'n steekwond aan die regterkant van sy nek. Hy is op die toneel dood verklaar. Lede van die polisie het die verdagte onmiddellik opgespoor en in hegtenis geneem. ’n Saak van moord is by die Rouxville-polisiekantoor geregistreer.
In die tweede voorval is die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum ingelig dat ’n vrou in ’n voetpaadjie in die oop veld naby Fauresmith gelê het. Sy het ’n steekwond aan die regterkant van haar nek gehad. Sy is op die toneel dood verklaar. Niemand is in verband hiermee in hetgetnis geneem nie, en die polisie ondersoek 'n saak van moord.







Comments