Twee vroue is oorlede ná ‘n botsing waarin Tommy Dell ernstig beseer is

Sep 7
1 min read
Twee vroue is oorlede en die bekende Suid-Afrikaanse country-sanger Tommy Dell het ernstige beserings opgedoen ná ’n botsing op die R40 naby Mbombela in Mpumalanga.
Volgens Maroela Media is Mara van der Bergh en haar assistent, Samantha Fuller, op die toneel dood verklaar.
Dell is met ernstige beserings na ’n hospitaal in Mbombela geneem.
Die presiese omstandighede van die botsing is nog nie bekend nie.
Van der Bergh was betrokke by die reël van konserte en was vroeër die persoonlike assistent van Lance James.
Dell is al dekades lank ’n bekende naam in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf en is onder meer bekend vir die treffer Teddy Bear.








Comments