Tweeweeklikse brandstofprysaanpassings word dalk oorweeg
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 5 days ago
- 1 min read
Suid-Afrika kan moontlik wegbeweeg van sy jarelange stelsel van maandelikse brandstofprysaanpassings. Dit kom ná 'n voorstel om brandstofpryse elke twee weke aan te pas sodat vinnige skommelinge in die internasionale oliemark beter hanteer kan word.
Business Tech berig die voorstel is deur 'n lid van die Nasionale vergadering, Fasiha Hassan-Duma, geopper tydens 'n vergadering van die Parlement se Portefeuljekomitee oor Minerale en Petroleumhulpbronne. Hier het wetgewers maniere bespreek om die impak van skerp brandstofprysskokke op verbruikers en ondernemings te versag.
Hassan-Duma sê brandstofpryse wat elke twee weke aangepas word, sal die regering in staat stel om vinniger op skommelinge in oliepryse te reageer.
Sy erken dat tweeweeklikse brandstofprysaanpassings uitdagings sal meebring, maar sê die voordele sal swaarder weeg as die nadele.
Geen verdere besonderhede oor die voorstel is bekend gemaak nie. Die departement het nie kommentaar gelewer oor of dit oorweeg sal word of nie.








Comments