Tyd is amper verstreke vir Sassa-begunstigdes om na swart kaarte oor te skakel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 54 minutes ago
- 1 min read
Postbank waarsku begunstigdes van maatskaplike toelaes wat steeds die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap (Sassa) se goue kaarte gebruik om na die nuwe swart kaarte oor te skakel.
Begunstigdes het minder as vyf dae om oor te skakel voor die sperdatum van 31 Augustus. Postbank sê die sperdatum sal nie verleng word nie.
Begunstigdes wat dit mis, sal steeds toelaagbetalings ontvang, maar sal moet oorskakel voordat hulle toegang tot hul fondse kry.








Comments