Tydige hulp gee ‘n Vrystaat-tiener ‘n tweede kans
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 hours ago
- 1 min read
’n Anonieme weldoener het die koste van ’n operasie vir ’n Vrystaatse tiener betaal nadat sy haar arm in ’n perdry-ongeluk gebreek het.
Die 15-jarige Mikyla Hattingh van Excelsior is in die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein geopereer nadat sy haar regterarm ernstig beseer het.
Volgens berigte sou haar ouers nie die koste van die operasie kon bekostig nie en sy sou moontlik lank vir dieselfde prosedure in ’n staatshospitaal moes wag.
Dokters voeg by Mikyla kon die normale gebruik van haar arm verloor het as die operasie te lank uitgestel is.







Comments