top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Uitdagings moenie net voor die regering se deur gegooi word nie

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 14
1 min read

Suid-Afrika moet verder as die regering kyk wanneer gemeenskappe se uitdagings bespreek word.


SABC News berig dit is volgens professor Sethulego Matebesi van die Universiteit van die Vrystaat.


Hy sê die rol van basiese instellings soos gesinne, onderwys, godsdiens en politiek moet ook ondersoek word.


Volgens Matebesi kan ’n wanbalans tussen dié instellings tot chaos in die samelewing bydra.


Hy het tydens ’n gemeenskapsseminaar wat deur die Vrystaatse Wetgewer in Bloemfontein aangebied is, ’n beroep op mense gedoen om oor die wortels van Suid-Afrika se uitdagings na te dink en saam te werk om dit aan te spreek.


Sethulego Matebesi. FOTO: SABC News
Sethulego Matebesi. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page