top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

UN-Habitat kan help om informele nedersettings te transformeer

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 9 minutes ago
  • 1 min read

Suid-Afrika se vennootskap met UN-Habitat sal pogings versterk om informele nedersettings te transformeer en op te gradeer.


Dit volgens die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, tydens die amptelike bekendstelling van UN-Habitat se Suid-Afrika-landkantoor.


Sy sê die vennootskap ondersteun pogings om armoede, onvoldoende behuising en 'n gebrek aan toegang tot noodsaaklike dienste aan te spreek.


Die program ondersteun ook die verbetering van substandaard behuisingsomstandighede. Volgens Simelane is volhoubare menslike nedersettings noodsaaklik om die lewensgehalte van Suid-Afrikaners te verbeter.


Ter Illustrasie. FOTO: Borgen Magazine
Ter Illustrasie. FOTO: Borgen Magazine


 
 
 

Comments


bottom of page