top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vaal Sentraal Water ontvang hul SANAS-akkreditasie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 22, 2025
  • 1 min read

Vaal Sentraal Water se Analitiese Dienste-laboratorium in Balkfontein het die intensiewe Suid-Afrikaanse Nasionale Akkreditasiestelsel (SANAS) assesering geslaag. Bloemfontein se waterverskaffer sê op sosiale media dié akkreditasie beteken die laboratorium word beide wêreldwyd en nasionaal erken, en dat hulle bevoeg is om toetse uit te voer. Hulle voeg by die akkreditasie verseker die geloofwaardigheid en akkuraatheid van die toetse se resultate. SANAS is in 1996 gestig, en hul akkreditasie-sertifikate is 'n formele erkenning deur die Suid-Afrikaanse regering dat 'n organisasie bevoeg is om spesifieke take te verrig.

 
 
 

Comments


bottom of page