top of page

Vala Umgodi roei onwettige mynbou in die Vrystaat uit

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 12, 2025
  • 1 min read

Die Vrystaatse-polisie het groot sukses behaal met hul multidissiplinêre Vala Umgodi-operasies wat tot verskeie inhegtenisnames en die beslaglegging van onwettige goedere en toerusting gelei het. ‘n Vrou en twee buitelanders is die afgelope week in Thabong in hegtenis geneem vir die besit van goudhoudende materiaal en onwettige mynboutoerusting, terwyl twee ander met ammunisie en dwelms in Wepener betrap is. Onwettige sigarette ter waarde van negeduisend rand is ook in Wepener gekonfiskeer, en 25 ongedokumenteerde persone is in Mmamahabane in hegtenis geneem. Intussen is ‘n vragmotor met ‘n onwettige graafmasjien en ander toerusting is naby Odendaalsrus onderskep, en ‘n totaal van 110 mense is in verskeie dorpe vir mynbou- en immigrasie-oortredings in hegtenis geneem.

 
 
 

Comments


bottom of page