top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Valke ontdek Bloemfonteinse bibliotekaris se kwalifikasies is 'vals'

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 29, 2025
1 min read

’n Bibliotekaris by die Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM) het in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn ná aanklagte van bedrog, diefstal en vervalsing. Luidens ’n polisieverklaring het Arron Gaotingwe Raphutse aansoek gedoen vir ’n pos by die Gemeenskaps- en Maatskaplike Ontwikkeling-subdirektoraat van die MMM met beweerde vals inligting op sy CV. Hy is aangestel met die aanname dat hy oor die vereiste kwalifikasies beskik. Ná ’n deeglike ondersoek is bevestig Raphutse beskik glo nie oor die relevante kwalifikasies nie. Hy is in hegtenis geneem, en borgtog van R2000 is toegestaan. Die saak is tot 4 Februarie 2025 uitgestel. 

 
 
 

Comments


bottom of page