Vandale teiken selfs kwesbare gemeenskappe
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 4 hours ago
- 1 min read
Vandale skroom nie eers om kwesbare gemeenskappe te teiken nie.
Dit volgens Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, nadat ’n hoëmaslig naby die Freedom West-ouetehuis beskadig is.
Centlec doen ’n beroep op enigiemand met inligting om die naaste polisiestasie te kontak.
Intussen waarsku die kragverskaffer dat swak weerstoestande tans tot vertragings lei in die herstel van kragonderbrekings en die hantering van klagtes.
Volgens ’n kennisgewing is spanne regoor Mangaung ontplooi, maar herstelwerk word deur die aanhoudende slegte weer bemoeilik.
Inwoners word gevra om geduldig te wees en beskadigde infrastruktuur as lewendig en gevaarlik te beskou totdat kragtoevoer ten volle herstel is.








Comments