Vanjaar se Afrikaans is Groot is die grootste nog
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 27
- 1 min read
Die gewilde konsertreeks Afrikaans is Groot het ʼn groot mylpaal bereik met al 11 geskeduleerde konserte in November wat uitverkoop is. Vanjaar sal nagenoeg 93 500 konsertgangers in November na Pretoria stroom om die reuseproduksie te aanskou.
Maroela Media berig dit is ʼn eerste in die geskiedenis van dié ikoniese musiekproduksie, wat sedert 2012 jaarliks gehore betower.
Die uitvoerende vervaardiger van Afrikaans is Groot, Arnold Coleske, sê hulle kan nie genoeg dankie sê aan elke kaartjiekoper wat steeds glo in Afrikaans en Afrikaanse musiek nie.
Die kunstenaars wat vanjaar op die verhoog te sien gaan wees, is nog nie aangekondig nie.








Comments