top of page

Vanjaar se Mej. SA-kompetisie is vir eers uitgestel

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 23, 2025
  • 1 min read

Luidens ‘n kort verklaring van die Mej. Suid-Afrika-organisasie, is vanjaar se kompetisie is vir eers uitgestel. Die besluit is glo geneem om in pas te kom met internasionale gebeure. Netwerk24 het vroeër berig dat Stephanie Weil as uitvoerende hoof van die organsie bedank het. Sy het geen redes vir haar bedanking gegee nie. Intussen sê 2024 se Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, sy sal die ekstra tyd wat sy het om die kroon te dra vat soos dit kom. Sy voeg by sy respekteer die organisasie se besluit en dat dit steeds ‘n eer bly om die kroon te dra. Die 30 topfinaliste in die kompetisie word gewoonlik in Mei aangewys, maar dit het nog nie gebeur nie.

 
 
 

Comments


bottom of page