top of page

Varkhok-saak: Beskuldigde is glo gesê om veediewe te skiet

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 7 days ago
  • 1 min read

Volgens die hoofbeskuldigde in die sogenaamde varkhokmoordsaak het ʼn polisieman glo vir hom gesê veediewe wat diere opkap om te steel, “moet geskiet word”.


Maroela Media berig dit was volgens Zacharias Olivier die raad wat hy gegee is toe hy vir die soveelste keer ʼn klag van diefstal by die polisie probeer indien het. Hy en ʼn voormalige plaaswerker staan in die hooggeregshof in Polokwane tereg op aanklag van moord ná die dood van twee vroue wie se lyke in ʼn varkhok op Olivier se kleinhoewe buite die stad gevind is.


Die hof het Dinsdag gehoor die polisie het een koeël en ʼn gedeelte van ʼn ander uit die slagoffers gekry vir verder ballistiese ontleding. Beide koeëls was van ʼn .303-jaggeweer, dieselfde kaliber geweer waarmee staatsgetuie Adriaan de Wet erken het hy op die slagoffers geskiet het.


Die speurhoof verbonde aan die Sebayeng-polisiestasie, adjudant-offisier Alinah Marotola, getuig sy het nog nooit ʼn saak ondersoek waar Olivier gekla het oor veediefstal op sy kleinhoewe nie.


Zacharia Olivier. FOTO: Maroela Media
Zacharia Olivier. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page