top of page

Varkhok-saak: 'n Getuie word gepols in die hof

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 27
  • 1 min read

Die staat se hoofgetuie in die sogenaamde varkhokmoordsaak, Adriaan de Wet, is tydens sy kruisondervraging in die hooggeregshof in Polokwane, Limpopo, gepols oor die rede waarom sy eedsverklaring - wat hy as deel van sy pleitooreenkoms met die staat afgelê het - verskil van wat hy tot dusver in die hof getuig het.


Maroela Media berig De Wet het volgehou sy weergawes verskil bloot omdat hy bykomende inligting in die hof getuig wat hy nie doelbewus weggelaat het uit sy eedsverklaring nie. De Wet ontken dit was ʼn doelbewuste wanvoorstelling van gebeure, maar bloot dat hy later getuig het wat hy onthou het.


Hy het verder getuig hy het net die “groter prentjie van gebeure soos wat hy dit kon onthou” in sy verklaring ingesluit het.


William Musora staan saam met sy voormalige werkgewer, Zacharia Olivier, tereg op twee aanklagte van moord met voorbedagte rade, en dat hulle die twee vroue se liggame in ʼn varkhok gegooi het.


Adriaan de Wet. FOTO: Maroela Media
Adriaan de Wet. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page