Varkvleispryse kan styg
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 13
- 1 min read
Suid-Afrikaanse verbruikers kan binnekort meer vir varkvleis betaal.
Dit volg nadat Afrika-varkpes-uitbrake die aanbod in verskeie provinsies, insluitend die Vrystaat, Noordwes en KwaZulu-Natal, ontwrig het.
Bedryfsleiers sê selfs klein verliese in produksie kan pryse opstoot, met groothandel-varkvleispryse wat reeds die afgelope weke gestyg het.
Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie sê varkvleis in die formele mark bly veilig om te eet.
Ekonome waarsku dat stygende vleispryse weens bek-en-klouseer en Afrika-varkpes huishoudelike begrotings verder onder druk kan plaas.








Comments