top of page

Venezuela: opposisieleier gee haar Nobel-prys vir Trump

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 16
  • 1 min read

In 'n gebaar uit erkenning vir sy unieke ywer vir haar land se vryheid, het die opposisieleier van Venezuela, María Corina Machado, haar Nobelprys vir vrede-medalje aan Amerika se president Donald Trump oorhandig.


Maroela Media berig Machado se gebaar kom nadat Trump in soveel woorde gesê het dat die Nobelprys vir vrede verlede jaar eerder aan hom toegeken moes gewees het vir sy pogings is om agt oorloë te beëindig. Dit is egter aan Machado toegeken vir onder andere haar stryd om ʼn regverdige en vreedsame oorgang van diktatorskap na demokrasie te bewerkstellig.


Ondanks Machado se gebaar steun Trump egter steeds vir Delcy Rodriguez, Nicolás Maduro se visepresident, bo Machado as tussentydse leier van Venezuela nadat sy administrasie Maduro vroeër vandeesmaand gevange geneem het. Trump meen Machado geniet nie genoeg steun onder Venezolane nie.


Trump is van voorneme om die medalje te hou, maar volgens die Noorweegse Nobelpryskomitee kan dié pryse egter nie oorgedra word nie.


President Donald Trump en María Corina Machado. FOTO: Maroela Media
President Donald Trump en María Corina Machado. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page