top of page

Venezuela: Die ANC eis Maduro se vrylating

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 7
  • 1 min read

Die ANC het die onmiddellike vrylating van die Venezolaanse president Nicolas Maduro geëis. Die ANC het amptelik sy standpunt oor die Verenigde State se inval in Venezuela tydens ‘n media-inligtingsessie in Gauteng aangekondig.


Maduro en sy vrou, Cilia Flores, is deur die Amerikaanse weermag by hul kompleks in hegtenis geneem op aanklagte wat verband hou met dwelmmisdrywe.


Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het verder ‘n beroep op vredeliewende mense gedoen om die onmiddellike en onvoorwaardelike vrylating van Maduro en sy vrou te eis. Hy voeg by die wêreld moet alle aksies wat demokrasie en internasionale reg ondermyn, verwerp.


Nicolas Maduro en Cilia Flores. FOTO: Maroela Media
Nicolas Maduro en Cilia Flores. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page