Verdagtes is vas ná ‘n jaagtog buite Bloemfontein
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 hour ago
- 1 min read
Verdagtes is ná ’n jaagtog buite Bloemfontein, vir besigheidsinbraak in Edenburg, in hegtenis geneem.
Securiforce Rapid Response-lid Johan Maritz, saam met CJ Wydeman van AgriSecure, het vinnig opgetree en die verdagtes in die Bainsvlei-omgewing opgespoor, wat tot ‘n hoëspoed-jaagtog gelei het.
Die verdagtes is op die Hertzogville-pad aangekeer.
Martiz sê aan Rosestad-nuus die verdagtes het glo drank, kontant en twee kluise gesteel.
Die polisie het beslag gelê op sowat R30 000 se drank en R10 000 kontant.
Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.








Comments