Verdagtes is vas vir die besit van ‘n ietermagô
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 12
- 1 min read
Drie mans van Kuruman sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklagte wat die besit van ʼn bedreigde spesie insluit.
Luidens ‘n mediaverklaring het lede van die polisie inligting ontvang oor ʼn beweerde onwettige transaksie met ʼn ietermagô op die N8 in Bloemfontein.
Die verdagtes was glo op pad vanaf die Noord-Kaap om die dier aan ʼn buitelandse koper teen R750 000 te verkoop.
Die mans is in hul voertuig voorgekeer en die ongedeerde ietermagô is gekonfiskeer. Die voertuig is ook as bewysstuk ingeneem.
Hulle staan tereg op aanklagte ingevolge die Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteitswet vir die onwettige besit van ʼn ietermagô sonder ʼn permit.








Comments