Verdagtes is vinnig na ‘n plaasaanval in die Vrystaat opgespoor
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 7, 2025
- 1 min read
Nie net is ses verdagtes vinnig opgespoor na ‘n plaasaanval in Warden, in die Vrystaat, nie – die boer se gesteelde bakkie en vuurwapens is ook teruggevind.
Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in ‘n mediaverklaring ‘n 74-jarige man het glo gesien hoe sy bakkie uit die omgewing van sy plaashuis gery word.
Kort daarna het vyf verdagtes hom genader en glo met die agterkant van ‘n vuurwapen oor sy kop geslaan.
Met die slagoffer se aankoms by sy huis het hy sy 76-jarige vrou ongedeerd gevind.
Sy het hom meegedeel dat die verdagtes ‘n vuurwapen op haar gerig het en opdrag gegee het om die hul na die wapenkluis te lei.
Hulle het alarm gemaak wat 'n gesamentlike reaksie van naburige boere, private sekuriteitsmaatskappye en omliggende polisistasies geaktiveer het.






Comments