Verdagtes se borgtog vir eiendomsbedrog is geweier
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Die Bloemfontein-landdroshof het borgtog aan vyf verdagtes wat met ‘n eiendomsbedrogsindikaat verbind word, geweier.
Die Valke het die groep in hegtenis geneem na ‘n reeks klagtes rakende bedrieglike eiendomsadvertensies vir huise wat nooit te koop was nie.
Slagoffers het na bewering meer as eenmiljoen rand verloor nadat hulle vir die eiendomme betaal het en nooit die huise of hul geld terug ontvang het nie.
Die verdagtes bly in aanhouding en sal na verwagting Woensdag vir ‘n formele borgtogaansoek weer in die hof verskyn.








Comments