Vermeende aanranders van ‘n bejaarde in Welkom mag weer gaan werk
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 18, 2025
- 1 min read
In die saak van poging tot moord en mishandeling van ‘n 81-jarige vrou, het die Welkom-landdroshof borgtog van R5 000 aan die Silver Village- versorgingsoord se bestuurder Lynette Brummer, toegestaan. Vista berig Brummer se bortog is onderhewig aan streng voorwaardes, sy mag byvoorbeeld nie na die versorgingsoord gaan of die getuies kontak nie. Die ander vyf beskuldigdes is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat en mag terugkeer werk toe. Die slagoffer is steeds 'n inwoner van die fasiliteit en geeneen van die beskuldigdes mag naby haar kom nie.






Comments